Logo for Van der Merwe Optometrists

We Change the way the world sees you!

Corona Virus

U veiligheid is vir ons belangrik. U mag dalk wonder of dit tans veilig is om ‘n oogtoets te hê.

Ons doen alles in ons vermoë om die veiligheid van ons pasiënte en personeel te verseker

A bottle of hand sanitizer, face masks and a pair of gloves around the words that say stay safe

Van der Merwe Oogkundiges sal gedurende die COVID 19 periode slegs per afspraak konsulteer.  Dit sluit ook in die afhaal van nuwe brille en kontaklense. 

Almal wat die praktyk besoek sal versoek word om hulle hande te ontsmet. Maskers moet gedra word wanneer u die praktyk binnekom. Indien u nie ‘n masker het nie kan een aan u voorsien word teen ‘n koste van R20 elk.

Wanneer u die praktyk binnekom, neem asseblief ‘n sitplek in die ontvangslokaal totdat ons u kan bedien.   Ons personeel sal voortdurend gesigskerms of maskers dra wat ook gereeld ontsmet sal word.  Personeel sal ook na elke konsultasie hande, oppervlaktes en alle toerusting ontsmet voordat ‘n volgende pasiënt bedien word.

Daar mag slegs een persoon op ‘n slag in die konsultasiekamer wees. Indien  kinders moet kom vir ‘n konsultasie versoek ons dat u slegs een kind op ‘n slag sal bring.

Ons versoek vriendelik dat u nie lukraak rame sal aanpas sonder die hulp van een van ons personeel nie aangesien ‘n raam dadelik weer ontsmet moet word voordat dit teruggeplaas kan word op die rak.

Persone sonder afspraak sal asseblief buite die praktyk moet wag sodat ons te alle tye die sosiale afstand reël kan handhaaf.  Maak melding van u teenwoordigheid en ons bedien u so gou as moontlik.

Ons pasiënte se veiligheid is vir ons uiters belangrik. Wees verseker ons  doen alles in ons vermoë om u veiligheid tydens u oogondersoek te verseker.

A pair of hands that are putting on hand sanitizer

Website © Dynamic Vision Optometrtists 2019

Designed and Hosted by
Howl at the Moon Design http://www.themoon.co.za